Tamaties
Waarom Tamaties?
Apical Suppliers het besluit om tamatie-plantjies te
produseer, omdat dit, na aartappels, die 2de belangrikste gewas is wat in
Suid-Afrika geproduseer word. Die markte en uitvoer-waarde van tamaties het oor
die afgelope paar jaar eksponensiëel gegroei, veral in die Wes-Kaap. Tamaties
is ‘n gewas waarvoor daar altyd ‘n mark sal wees, want as daar ‘n oor-aanbod in
die vars groente bedryf is of as die kwaliteit in ‘n sekere jaar nie so goed is
nie, kan boere hul produkte as “fabriek-tamaties” verkoop vir prosessering. Omdat
boere n goeie mark vir tamaties het in die Wes-kaap, sal ons ‘n goeie mark hê
vir ons saailinge.Meer oor die Tamatie plant en Tamatie verbouing in die Wes-Kaap:
Tamaties is ‘n somer-gewas wat temperature van 20-25 grade
Celsius verkies en dus is September tot November ‘n goeie tyd om Tamaties buite
te plant in die Wes-kaap. Dit is ‘n plant wat in vol-son die beste groei.
Tamaties kan egter reg deur die jaar geplant en verbou word as dit binne ‘n
groente tonnel of kweekhuis is. Tamaties word van saad af voortgeplant in
saailingbakke en word daarna in die grond gevestig as die saailinge ‘n grootte
van 7.5-10cm bereik het. Tamaties is semi-rank plante en benodig ondersteuning-strukture
om beter te kan groei. Die reën in die somermaande van die Wes-kaap is nie
genoeg om suksesvol met Tamaties te boer nie en dus sal die tamaties in die
Wes-Kaap onder besproeiing verbou moet word. Die groeiseisoen van Tamaties is
ongveer 170 dae, waarvan sowat 30 dae (18%) by die kwekery is, 60 dae op die
land totdat oes begin en 80 dae oes. Daar is verskillende kultivars en vorms
van tamaties met verkillende gebruike. Tamaties verkies ‘n effense suur grond
met pH van ongeveer 5.0-6.0. Gemiddeld word sowat 12000-16000 saailinge per
hektaar geplant.
Hoe ons Tamatie saailinge gaan kweek:
Belangrike aspekte
waarna gekyk moet word:
- Kultivar wat ons gaan
produseer
- Waar ons voortplanting
materiaal (saad) vandaan gaan kry
- Groei-medium (grond) en bemesting
- Watter soort saailing-bakke
ons gaan gebruik
- Aan watter standaarde die
kweekhuis moet voldoen
- Watter soort besproeiing
om te gebruik
- Bestuur van plante en
stadiums
- Bestuur van siektes en
peste
- Ander bestuurs-aspekte
Kultivar wat ons gaan produseer:
Ons het besluit om saailinge van die kultivar Jampakt te produseer, omdat dit ‘n paar eienskappe besit wat tot voordeel vir boere sal wees bv.:- TYPE: Determinate saladette
- UNIFORMITY: Very good
- DISEASE REACTION (SCIENTIFIC): High resistance: Verticillium dahliae race 1 (Vd: 1), Fusarium oxysporum f. sp. lycopersici race 1 (Fol: 1) and Meloidogyne incognita (Mi) and Meloidogyne javanica (Mj). Intermediate resistance: Tomato spotted wilt virus (TSWV)
- MARKETS / END USE: Processing and fresh market
- SPECIAL FEATURES: Intermediate resistance against Tomato spotted wilt virus. Dual purpose.
Dit is ‘n kultivar wat ontwikkel is deur SAKATA en ons sal
dus eers die regte prosedures moet volg en tot ‘n ooreenkoms met SAKATA kom om
met hul kultivar te kweek.
Waar ons voortplanting materiaal (saad) vandaan gaan kry:
As ons die kwekery begin, sal on natuurlik die eerste saad by
die saadmaatskappy moet koop en daarna ooreenkomste met hulle aangaan om nog
saad van hul kultivar te kweek vir die toekoms. Daar sal ‘n aparte, geïsoleerde
area moet wees, waar daar plante geplant word, slegs om nuwe saad te produseer
vir saailige wat aan boere verkoop sal word. In hierdie area sal daar baie
streng beheer toegepas moet word op siektes, viruses en plae. Slegs plante wat
uitgesoek is met die beste genetika en voorkoms vir vrugte sal hier gebruik
word. Dit moet goed geïsoleerd wees sodat geen kruis-bestuiwing met plante (van
ander kultivars) kan plaasvind nie en sodat die plante suiwer bly. Dit sal
kwaliteit verseker. Die tamaties sal geoes word as dit 100% ryp is om te
verseker dat soveel as moontlik van die sade lewensvatbaar is. Om die sade te
spaar tot die volgende seisoen, sal ons ‘n proses genaamd “Fermentation”
gebruik, omdat dit ontkieming-inhibitore verwyder en die saad vir so lank as 6
jaar gestoor kan word.
“Fermentation” behels die volgende stappe:
1) Was die ryp tamaties af met water en sny enige
slegte plekke weg aan die tamaties.
2) Sny die tamaties oop en druk die saad en sap uit in
‘n bak met ‘n deksel en moenie water byvoeg nie.
3) Plaas die bak in ‘n area onder 21 grade Celsius vir
3 dae.
4) Roer die mengsel 2 maal ‘n dag om muf te vermy.
5) Na 3 dae moet die mengsel in ‘n groter houer gegooi
word waarin dit gewas kan word met water.
6) Herhaal die was-proses 2 of 3 keer.
7) In hierdie proses sal die lewensvatbare sade sink
en die sade wat dryf kan verwyder word.
8) Nadat die saad met water gewas is, moet dit in 10%
antibakteriele bleach gelos word vir 30 minute om siektes op die saad dood te
maak.
9) Strooi die nat sade op ‘n fyn sif (gate kleiner as
die sade) en spoel laaste keer af met water. Los dit dan vir 5 tot 6 dae in ‘n
goed geventileerde plek om te droog.
10) As die sade goed droog is moet dit in geseelde
ziplock sakkies gesit word en in ‘n koel, droë, donker kamer gestoor word
totdat dit benodig word. Skryf die datum op die sakkies.
Groei-medium (grond) en bemesting
Omdat ons die besigheid met ‘n “groen”-faktor gaan bestuur,
gaan ons slegs organiese materiaal gebruik as ons groei-medium. Die ideaal sou
egter wees om ons eie kompos te maak en dit as groei-medium te gebruik, maar
die struktuur van kompos is nie altyd ideaal vir plante in potte nie en ons sal
ook nie genoeg organiese afval bymekaar kan maak om genoeg kompos te maak vir
die hele kwekery nie. Dus het ons die besluit geneem om “palm peat moss” as
hoof groei-medium te gebruik, maar steeds kompos te maak met die organiese
materiaal wat ons in die hande kan kry in en rondom die kwekery.
Hoe dit gaan werk:
- Ons gaan palm peat moss
gebruik, omdat dit redelik goedkoop, organies en beskikbaar is.
- Ons gaan bietjie kompos
maak en met die palm peat moss meng
- Die kompos gaan dien as
ekstra bemesting vir die saailinge en dit gaan ook ‘n plaasvervanger wees
vir anorganiese “perlite”, wat waterverlies beperk en ekstra struktuur aan
die medium gee.
- Hierdie mengsel behoort
goeie ontkieming en ook sterk plante met goeie wortelsisteme te verseker.
Hoe ons bemesting gaan toepas:
Bemesting is ‘n baie belangrike aspek van
saailing-produksie, omdat die belangrikste sisteme in plante reeds in die
vroegste stadiums van groei ontwikkel. Genoegsame makro- sowel as mikro
elemente moet dus in die regte verhoudings toegedien word. Plante kan slegs
elemente in die opgeloste vorm opneem vir gebruik en daarom gaan ons bemesting
toedien saam met die besproeiing. Dit sal ook die arbeid verminder. Ons moet
egter organies bly en daarom gaan ons erdwurms gebruik om voedingstof-ryke
“castings” te maak, waarmee ons tee gaan maak en met die besproeiingsisteem aan
plante gaan gee.
- Ons gaan rooi-erdwurms
gebruik, omdat hulle vinnig en maklik voortplant en baie vinnig organiese
materiaal kan omsit in “castings” (erdwurm mis).
- Hierdie erdwurms kan egter
nie enige plantmateriaal of vrugte verteer nie, omdat hulle baie sensitief
is vir lae pH’s. Dus sal die geskikte organiese materiaal uitgesoek moet
word om in hierdie eenheid gebruik te word. Die materiaal wat nie hier
gebruik kan word nie, sal in die ander eenheid gebruik word om kompos te
maak.
- Hierdie wurm-tee is ryk aan minerale soos nitrate, fosfor, magnesium, kalium en kalsium, maar beskik ook oor baie mikrobes, wat lewe in die grond sit.
- Navorsing toon dat as daar meer suurstof in die tee gesit word, sal die mikrobes vermeerder en dus sal die proses nie stop nadat die tee verkry is nie. Die tee sal vir ‘n week lank in ‘n houer staan met ‘n suurstof-pompie wat suurstof in die water sit om mikrobes te vermeerder.
- Die tee sal Verdun moet
word met water in ‘n tenk en deur die besproeiingsisteem aan plante
beskikbaar gestel word.
Watter soort saailing-bakke ons gaan gebruik:
Ons gaan hierdie
saailing-bakke gebruik wat 104 saailinge kan hou op ‘n slag. Die bak moet baie
gate hê, want die boere sal die saailinge in grootmaat (1000+ op ‘n slag) wil
koop. Hierdie grootte bakke is ook nie te groot nie en is dus baie maklik
hanteerbaar. Die grootte van die gate is 40mmx40mm end it is groot genoeg om
die saailinge tot op 7.5-10cm te laat groei met ‘n goeie wortelsisteem. Dit is
van ‘n harde plastiek gemaak wat nie te maklik breek nie en ook her-gebruik kan
word. Die saailingbak sal saam met die saailinge verkoop word, maar ons sal ‘n
deposito kan betaal as boere dit aan ons terug gee nadat die saailinge uitgeplant
is.
Aan watter standaarde die kweekhuis moet voldoen:
Daar is sekere toestande
wat beheer sal moet word om optimale groei van die saailinge te verseker.
Tamatie-saailinge vereis die volgende toestande:
- Temperatuur van 20-26 grade Celsius.
- Minimum van 8 ure sonlig per dag.
- Grondvog van 70-75%
- Humiditeit van 80-90% gedurende die dag en 65-75% gedurende die
nag.
Daar sal ook ‘n gedeelte in
die kwekery moet wees wat minder beheer word en meer natuurlike toestande het
om die saailinge af te hard voor dit versprei word na die boere.
Eerstens sal die saadjies
een saadjie per gatjie gesaai word in die bakke en die grond sal klam gehou word teen min of meer 24 grade Celsius in die hoof-kwekery.
Daar is baie siektes wat by
tamaties kan uitbreek wat strek van roes, meeldou, nematodes, kewers, blare en
motte. Die roes en meeldou kan tot ‘n mate beheer word deur die regte seisoen,
temperature en water, maar insekte moet op ‘n ander manier beheer word. Alhoewel
ons die kwekery organies gaan bestuur, moet peste so gou as moontlik ‘n plan
mee gemaak word, of selfs nog beter is om dit te voorkom deur gereelde
behandeling op gesonde plante. Daar in ‘n organiese insek-beheermiddel ,
genaamd “Margaret Roberts Organic Insecticide,” beskikbaar in Suid-Afrika wat
ons as ‘n opsie oorweeg vir insek-beheer.
Watter soort besproeiing om te gebruik:
Ons het besluit om hierdie
mikro-sproeiers te gebruik omdat:
- Dit min water verbruik en nie ‘n hoë druk nodig het nie.
- Dit tussen die saailingbakke kan staan.
- Dit fyn mis sproei wat nie die saailinge sal breek of beskadig nie.
- Dit baie uniform natmaak.
Ons gaan soveel as moontlik
reënwater probeer gebruik vir besproeiing end it beteken dat daar water tenks
gaan moet wees wat reënwater opvang en ‘n drukpompie om water te druk in pype
na die sproeiers toe. Ons sal ook die tenks kan gebruik om die wurm-tee in te
verdun end an in die pype af te stuur.
Na sowat 14 dae, behoort al die
saadjies op te kom.
Die plantjies moet in die
kwekery gehou word by beheerde toestande totdat sekondêre blare gevorm het en
‘n hoogte van sowat 5cm bereik is.
Nadat die saailinge ‘n hoogte van sowat 5cm bereik het, moet dit na
‘n area in die kwekery geskuif word, waar die toestande minder beheer word
en waar daar minder gereeld besproeiing is. Die doel hiervan is om die
saailinge “af te hard” en stelselmatig te laat aanpas aan die natuurlike,
onvoorspelbare toestande. As die saailinge 7.5-10cm bereik het, is dit reg
om verkoop te word en gevestig te word op lande.
Bestuur van siektes en peste:
Daar is baie siektes wat by
tamaties kan uitbreek wat strek van roes, meeldou, nematodes, kewers, blare en
motte. Die roes en meeldou kan tot ‘n mate beheer word deur die regte seisoen,
temperature en water, maar insekte moet op ‘n ander manier beheer word. Alhoewel
ons die kwekery organies gaan bestuur, moet peste so gou as moontlik ‘n plan
mee gemaak word, of selfs nog beter is om dit te voorkom deur gereelde
behandeling op gesonde plante. Daar in ‘n organiese insek-beheermiddel ,
genaamd “Margaret Roberts Organic Insecticide,” beskikbaar in Suid-Afrika wat
ons as ‘n opsie oorweeg vir insek-beheer.
Daar was begin 2016 ‘n
waarskuwing in die Landbouweekblad van ‘n tamatieblaarmyner-motspesie, wat
groot verwoesting gesaai het onder tamatie-oeste in die Wes-Kaap. Die eiers van
hierdie motte kan egter maklik identifiseer word op die blare van plante. Die
werknemers sal opgelei moet word om hierdie eiers, asook ander peste en siektes
te identifiseer sodat stappe geneem kan word om dit te beveg.
Ander bestuurs-aspekte:
Omdat tamaties ‘n
seisoenale gewas is, sal dit hoofsaaklik in die vroeg-lente in ons kwekery
gekweek word, maar daar sal ook regdeur die jaar in kleiner maat gekweek word vir
boere wat in kweekhuise tamaties verbou. Omdat tamaties vining groei en vining
deur stadiums gaan, sal Apical Suppliers se tamatie-departement moet werk onder
die beleid van bestellings, sodat daar nie te veel of te min saailinge op ‘n
slag in die kwekery is nie.
Hierdie afdeling is ondersoek en saamgestel deur Juan Steyl - 19800983







No comments:
Post a Comment